45. Wat is die tiende gebod Eks 20 v .....?
Mat 7 v 24?
ANTWOORD:
43. Wie wou Johanes nie doop nie in Mat 3 v 7?
ANTWOORD:
42. Wat is die eerste gebod? Waar staan dit?
ANTWOORD: Jy mag geen ander gode bo God he nie, Eks 20 v 3
41. In Matt 7 v 13 lees ons wat lei tot die koninkryk van God?
ANTWOORD:Die nou poort
40. Wat het Johannes die Doper as kos gehad? Matt 3 v 4.
ANTWOORD:Wilde heuning en sprinkane
39. Van waar het Moses gevlug en hoekom?
ANTWOORD: Moses het van Egipte gevlug omdat hy n
Egiptenaar doodgeslaan het
38. In Matt 6 v 10 moet ons God se wil waar laat geskied?
ANTWOORD: In die hemel, so ook op die aarde
37. In Judas 1 v 9 lees ons dat wie en wie het oor Moses se
liggaam baklei?
ANTWOORD: Die duiwel en Migael die aartsengel het oor Moses se liggaam baklei
36. In Rigters 16 v 21 lees ons van wie, wat moes hy doen en
en hoekom?
ANTWOORD: Simson, Koring maal omdat hy
gevang is
35. Wie het die weg voor berei vir Jesus?
ANTWOORD: Johannes die Doper, Matt 3 v 1
tot 3
34. Mattheus 6 v 20 sê waar moet ons wat bymekaar maak?
ANTWOORD: Skatte in die Hemel bymekaar
maak
33. In Ps 51 vra Dawid waarvoor vergifnis?
ANTWOORD: Dawid het egbreuk gepleeg
met Batseba
32. Waar lees ons in die NT van 'n Oog vir 'n Oog en
'n Tand vir 'n Tand?
ANTWOORD: Mattheus 5 v 38
31. Wat het met die vrou wat vir Elisa 'n kamer
gebou het, se seun gebeur? 2 Konings 4 v 32 tot 35
ANTWOORD: Hy het gesterf en uit
die dood opgestaan
30. Waar lees ons in die Bybel van Daniel wat in
die leeukuil gegooi is?
ANTWOORD: Daniel 6 v 17
29. Wat was die verbintenis tussen Salomo en
Farao se dogter en waar lees ons daarvan?
ANTWOORD: Hulle was getroud,
2 Kron 8 v 11
28. In Dan 4 lees ons van watter koning wat
vir 7 jaar gras gevreet het?
ANTWOORD: Nebukadnesar
27. In Matt 23 v 37 lees ons wie is soos
´n hen wat haar kuikens onder haar vlerk
laat skuil?
ANTWOORD: God
26. Waarheen het die HG Jesus gelei om
versoek te word en waar vind ons dit?
ANTWOORD: Woestyn, Matt
4 v 1
25. In Gen 37 v ,??, droom Josef sy tweede
droom, wat was dit en wat is die vers?
ANTWOORD: Gen 37 v 9, 11
stere, son en maan wat buig voor hom
24. Wat is die Bybelboek se naam na die
vierde Bybelboek en voor die sesde een?
ANTWOORD: Handelinge
23. Waar lees ons van die saaier en wat
het geword van die saad wat op langs die
pad geval het?
ANTWOORD: Matt 13 v 1
tot 23, Is deur die voëls opgepik
22. Wie was die slimste en rykste koning
en waar lees ons dit ? ( 1 Konings .... v
3 tot 4)
ANTWOORD: Koning Salomo,
4
21. Wie het die sleutels van die doderyk
en die dood en waar lees ons daarvan?
ANTWOORD: Jesus, Open 1
v 18
20. Wie is die skrywer van Prediker?
ANTWOORD: Salomo
19. Wie is die skrywer van die 25 ste boek
in die OT en wat is die boek se naam?
ANTWOORD: Jeremia, Is
die boek Klaagliedere
18. Is Psalms die langste boek in die
Bybel?
ANTWOORD: Ja
17. In Gen 40 lees ons van wie en wat het
hy gedoen met die bakker en skinker?
ANTWOORD: Josef, hulle
drome uitgelê
16. Waar lees ons van Isebel en wie wou sy
dood?
ANTWOORD:1 Konings 19,
Elia
15. Watter boek in die Bybel is
hoofsaaklik deur Koning Dawid geskryf?
ANTWOORD: Psalms
14. In Joel 1 v 4 profeteer Joel van watse
plaag?
ANTWOORD: Sprinkane
13. Waar lees ons van die vyf klippe wat
Dawid opgetel het om wie te oorwin?
ANTWOORD: 1 Samuel 17 v
40
12. Wie het die volgende wyse woorde gesê
â??Wie ? vrou vind, vind ? goeie ding?â?
ANTWOORD: Salomo
11. Wat het gebeur toe Esegiël oor die
dooie geraamtes geprofeteer het?
ANTWOORD: Hulle het
lewendig geword
10. Waar staan dit om jou werke aan God
oor te laat, sodat jou planne uitgevoer
kan word?
ANTWOORD: Spreuke 16 v 3
09. Die lig van God wat ons moet skyn word
vergelyk met ´n stad op ?? Matt 5 v ?
ANTWOORD: Berg, Matt 5 v
14
08. Watter koningin het haar gesig grimeer
net voordat sy doodgegaan het in 2 Konings
9 v 30?
ANTWOORD: Isebel
07. As jou oë jou laat sondig wat moet jy
daarmee maak volgens Matt 5 v 29?
ANTWOORD: Uitruk en
weggooi
06. Waar lees ons van Jakob en hoe lank
moes hy werk vir sy oom Laban voordat hy
kon trou met Ragel?
ANTWOORD: Gen 29 v 30,
14 jaar
05. Hoe groot was die weermag waarmee
Gideon die Midianiete verslaan het,
volgens Rig 7 v 6 ?
ANTWOORD: 300
04. Waar lees ons dat as jou hand jou laat
sondig om dit af te kap en weg te gooi?
ANTWOORD: Matt 5 v 30
03. Waar lees ons alles is tevergeefs en
wie het dit gesê?
ANTWOORD: Prediker 1 v
2. Koning Salomo
02. In Dan 2 v 28 lees ons van Daniel wat
wie se droom uit lê?
ANTWOORD: Nebukadnesar
01. Moenie by wat sweer nie, want dit is
God se troon en waar lees jy daarvan?
ANTWOORD: Die hemel,
Mattheus 5 v 34
|
 |