

CHRISTO JOHAN BRITZ
- Ek is in Welkom gebore en groot geword. Daarna is ek weermag toe en het begin werk by Saambou Bank. Van daar is ek Pretoria toe waar ek by die Onderwys Departement se salaris afdeling begin werk het. In 1992 is ek getroud met my wonderelike vroutjie Ilze. In 1996 het ek by Transoranje skool vir dowes begin werk waar ons, ons kind Bianca gekry het in pleegsorg.
- In 2006 het die Here ons geroep vir voltydse diens. Ons is na Die Evangeliese-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika se kweeksool toe vir vier jaar se opleiding. Daarna het ek my praktiese jaar in Pretoria Noord gedoen. Aan die einde van my praktiese jaar het die Here voorsien en my geroep vir sending werk onder die verarmdes.
ILZE-MARIE BRITZ
- Ek is in Pretoria gebore en groot geword. Na skool het ek by die Reserwe Bank gewerk. Ek is daarna na die Onderwys Departement toe in die salaris kantoor. Daar het ek saam met my wonderlike man gewerk tot in 1996. Ons is verplaas en moes ek ander werk kry en het toe by Dathe Comp Acc begin werk, hulle het later toe gemaak en is ek na Computer Imanging Supplies toe. Toe ons vir Bianca gekry het het ons dit goed gedink dat ek ook by Trans Oranje 'n koshuismoeder pos aanvaar. Ek is daarna na The Ink Shop toe as winkel bestuurder en hoof oor aankope en bestellings van die Franchises In 2006 is ons Kweekskool toe wat ek toe bedank het. Ek het in ons 1ste jaar by Pennies kleuterskool 'n kontrak werk gekry in die kantoor sodat ons Bianca nogsteeds by die skool kon kry. Ek van ons 2de jaar af by Pretorius en De Muelenaere Orthotiste begin werk as ontvangs dame waar ek nogsteeds is. Ek het intussen my Bed Graad in Onderwys Grondskag fase ook verwerf.
- My stokperdjies is sing, verf, srapbooking. Ek en Bianca tree ook so nou en dan op by oue te huise. In ons 1ste jaar van Kweekskool het die Here ook voorsien dat ek my CD Dankie Here kon opneem.
BIANCA ERASMUS
- Gebore 30 Junie 1993, Jongste van 5 kinders. Pappa is oorlede op 'n baie jong ouderdom en daarna is sy en 4 boeties kinderhuis toe weens omstandighede. Bianca is doof as gevolg van menigitus.So het sy net voor sy 6 jaar oud geword het by ons in pleegsorg gekom. Nie net is sy gehoor gestremd nie maar het ook kwaai epileptiese aanvalle gekry, en ook later van tyd 'n brein operasie gehad om dit te probeer beperk en stop. Huidiglik is sy regtig Mamma en Pappa se linker en regter hand in die huis en help met alles. Sy het ook 'n wonderlike vriend wat soos 'n seun vir ons is wat elke aand saam met haar huisgodsdiens hou en haar positief beinvloed en leer. Ons is so dankbaar vir Mauritz in haar lewe (Mauritz was in Mamma Ilze se koshuis gewees toe sy by Trans Oranje gewerk het). Sy het 20jaar geen kontak gehad met haar broers nie. Biologiese mamma is ook intussen oorlede en na 20 jaar maak sy kontak met haar boetie Jaun-Paul wat 'n kosbare oomblik was dit nie gewees nie. 2 boeties het ook ongelukkig reeds gesterf en het sy en die ander 2 boeties nog kontak met mekaar via whats app.